Lees wat sê die mense wat Ingrid werklik geken het.
'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. GESPREKKE OOR INGRID JONKER bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en André P. Brink.
Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.
"Ingrid Jonker, die meisie, die mite, die mens. Wie was sy werklik? Oor dekades gryp dié enigmatiese literêre nimf die volk se verbeelding aan. So talentvol en tog so tragies
. . . . nou geredigeer deur die vaardige hand van Petrovna Metelerkamp.
Gesprekke oor Ingrid Jonker, met die pragtige voorblad deur Ezanne Newton-Johnson, net wat dit beloof om te wees. Die leser word saamgenooi tot in van ons mees besproke kunstenaars se voorkamers."
Mariana Loots, Die Burger
"Dis asof die leser saam met die onderhoudvoerder en sy bandmasjien in die voorhuis van Afrikaans se letterkundige geeste gesels . . ."
Pieter van Zyl, Huisgenoot"
Die grootste waarde van dié publikasie is dat dit die leser toegang bied tot inligting wat vandag in vele opsigte onbekombaar sou wees. En danksy die boekstawing van dié gesprekke, vind sy nou ook 'n plek in die gedagtes en verbeelding van talle lesers."
Thys Human, Beeld

L M van der Merwe
|