Kitare en ander snare

Titel: Kitare en ander snare – Ollie Viljoen vertel

Outeur: Ollie Viljoen

Uitgewer: Hemel & See Boeke

Formaat: Sagteband, 206 bladsye

ISBN  978-0-9922219-4-2

Prys: R150,00

 

Ollie Viljoen was bekend as veelsydige musikant en vermaaklik-heidster, sonder twyfel een van die grootste stimuleerders van die storievertel- en boeremusiek­tradisie in Afrikaans.

Oor ’n tydperk van dertig jaar was Ollie regisseur van gewilde TV-programme soos Kom kuier saamSpies en PlessieMaak ’n lasKyk-innie-pot en die Boereorkes-kompetisie. Boonop is Ollie ‘n radiopersoonlikheid, geliefd vir sy Boeremusiekprogram op RSG.

Kitare en ander snare – Ollie Viljoen vertel, bevat ’n versameling stories, staaltjies en insidente uit sy loopbaan, asook meer as twintig van sy gedigte, wat hy rympies noem.


Bestel by:

 

Suite 27, Privaatsak X15, Hermanus 7200

Tel. +27 (0)28 3164852  Faks +27 (0)86 7208477

 

of by On the Dot




HERMANUS TIMES – RESENSIE DEUR SJ DU TOIT


Die naam Ollie Viljoen is lank reeds volksbesit. Hy is bekend as veelsydige musikant en vermaaklikheidster, sonder twyfel een van die grootste stimuleerders in die storievertel- en boeremusiek-tradisie in Afrikaans.


Ollie se eerste boek, Kitare en ander snare -  Ollie Viljoen vertel, bevat ’n versameling stories, staaltjies en insidente uit sy loopbaan, asook meer as twintig van sy gedigte, wat hy rympies noem.


Ek het geskater van die lag vir Ollie se stories! Maar daar is ook ’n treurige noot; plek-plek half hartseer, veral in sommige van sy rympies, baie daarvan natuurlik as gevolg van die dag toe Ollie sy vrou en twee van sy beste vriende, Tolla van der Merwe en Koos Meyer, in ’n motorongeluk verloor het. Ollie was die enigste oorlewende en was tien dae lank in die intensiewe eenheid.


Oor ’n tydperk van dertig jaar was Ollie regisseur van gewilde TV-programme soos Spies en Plessie en Maak ’n las.


Hy word in Afrikanergeledere beskou as ’n ikoon en groot liefhebber van sy moedertaal. Dan is hierdie veelsydige karakter natuurlik ook geliefd vir sy Boeremusiekprogram op RSG.



DIRK JORDAAN SKRYF OP BOOKS LIVE


Ollie Viljoen is ’n boere­musiek-maestro en jazz-meester.


Maar ons vergeet maklik dat hy ook as programvervaardiger ’n reuserol gespeel het in die Afrikaanse vermaakwêreld. As hoofhand agter geselsprogramme soos Spies en Plessié en Maak ’n las het hy jare lank skitterende voorkamer-humor gereël.


Hierdie boek is oor die mense wat hy veral in daardie jare ontmoet en bevriend het. Dit het name soos Tolla van der Merwe, Koos Meyer, Nico Nel et al ingesluit, en natuurlik sy vrinne Jan Spies en PG du Plessis. Jy kan jou net indink wat alles agter die skerms gebeur het.