Welkom by die Hemel & See Boeke blog

Hemel & See Boeke sal jou kommentaar waardeer.

Gebruik gerus die vorm hieronder:


Hemel & See Boeke is in 2000 gestig met die doel om boeke van besondere gehalte te publiseer. Vandag geniet ons erkenning as een van die suksesvolle klein uitgewerye in Suid-Afrika. Die maatskappy is in Vermont gebaseer.





JULY 2013


JUL 22

Gesprekke oor Ingrid Jonker

posted by Petrovna on July 22, 2013 8:38 as ALGEMEEN




Jonker as mens – nie net digter, ikoon of selfmoordenaar



Sommige mense meen genoeg is genoeg. Lizz Meiring vra selfs in haar jongste solo-stuk, Bizzie Lizzie, of ’n ander digteres nie asseblief nou tog ook ’n beurt kan kry nie. Ingrid Jonker was per slot van rekening, soos selfs Jan Rabie in dié nuwe boek oor haar verklaar, ’n uitstekende digter, maar werklik nie "gróót” nie.


En sou sy, in alle eerlikheid, soveel aandag gekry het as sy nie selfmoord gepleeg het nie? 

In ’n groot mate is die antwoord hierop in Gesprekke oor Ingrid Jonker, ...


>> full


comments (0)



JUL 22

Gesprekke oor Ingrid Jonker

posted by Petrovna on July 22, 2013 8:35 as ALGEMEEN




Gesprekke oor Ingrid Jonker: Waardevolle toevoeging vir Jonker-verslaafdes

Lizette Grobler


Gesprekke oor Ingrid Jonker
Skrywer: LM van der Merwe
Uitgewer: hemel & see boeke
ISBN: 0-620-37159-5

Bestel by: hemelensee@hermanus.co.za


Sedert Nelson Mandela in 1994 die gedig "Die kind" voorgelees het in die parlement, het die ikoniese Ingrid Jonker toenemend aandag ontvang in die media en die uitvoerende kunste (Opdrag: Ingrid Jonker en Altyd Jonker). Heelwat publikasies, wat vertalings (Gerrit Komerij, Jack Cope en William Plomer), tesisse (Erna Sadie, Johan van Wyk en Elkarien Fourie) en tekste met biografiese materiaal (Henk van Woerden, Petrovna Metelerkamp) insluit, is ook gepubliseer. Hierby kan nog gevoeg word die netwerk van intertekstuele gedigte wat erkenning gee aan Jonker as vormende invloed op Afrikaanse digters. As tragiese figuur het Jonker egter veral vanweë haar kontroversiële lewensgeskiedenis in die kollig gestaan.


LM van der Merwe se boek Gesprekke oor Ingrid Jonker, onder redaksie van Petrovna Metelerkamp, is die jongste toevoeging tot hierdie korpus tekste. Hy het reeds in 1977 ’n reeks onderhoude ...


>> full


comments (0)




1 - 2 of 2

Gesprekke oor Ingrid Jonker

Gesprekke oor Ingrid Jonker

NUUTSTE PUBLIKASIE - 'n Plan is 'n duineboerdery

Amanda Strydom oor Briewe van Hennie Aucamp

Kommentaar oor Briewe van Hennie Aucamp



ONLANGSE POS




ARGIEF


october 2013

july 2013

may 2013

april 2013

march 2013

december 2012



TOPICS


ALGEMEEN (8)



admin*