Welkom by die Hemel & See Boeke blog

Hemel & See Boeke sal jou kommentaar waardeer.

Gebruik gerus die vorm hieronder:


Hemel & See Boeke is in 2000 gestig met die doel om boeke van besondere gehalte te publiseer. Vandag geniet ons erkenning as een van die suksesvolle klein uitgewerye in Suid-Afrika. Die maatskappy is in Vermont gebaseer.





OCTOBER 2013


OCT 4

NUUTSTE PUBLIKASIE - 'n Plan is 'n duineboerdery

posted by Petrovna on October 04, 2013 13:11 as ALGEMEEN




'n Plan is 'n duineboerdery - bekendstelling


STILBAAI NUUS - Na baie jare se 'stories opskryf' oor sy grootworddae in die Jongensfontein-Blombosgebied se Duineveld, is oom Louw van Schalkwyk, wat pas 81 geword het, se 'eie boek' die afgelope Vrydagaand tydens 'n funksie op die dorp bekendgestel.

'n Jarelange Stilbaai-vakansiehouer en vriend, Ritz de la Bat, het oom Louw se oorspronklike stories onder oë gehad en besef dat daar, behalwe vir die kostelike, soms hartroerende stories, ook taaljuwele in die verhale voorkom wat nie verlore mag gaan nie.

Met 'n groot spanpoging van oom Louw en sy vrou Dina, Ritz de la Bat, Ann Hiemstra en Louis Hiemstra wat illustreer het, asook Helga Steyn van die uitgewers is die stories verwerk, geïllustreer en siedaar: ''n Plan is 'n Duineboerdery' sien die lig!

So skryf die bekende skrywer, dr. Marié Heese, in die lokparagraaf agter op die boek: "Boeiend, vermaaklik en ontroerend is hierdie vertellings van oom Louw van Schalkwyk. Deel van die groot plesier wat die lees daarvan verskaf, is die pragtige taalwendings wat Ann Hiemstra met haar oorvertel daarvan wyslik nie verlore laat gaan het nie. Dis 'n beeld van 'n vergange tyd, vroeg in die twintigste eeu, en 'n vergange leefwyse: dié van bywoners van duineboere in die Wes-Kaapse Duineveld. 'n Taai oorlewingstryd was dit, bokerftrek, sê oom Louw, maar nie sonder sy plesiere nie. Die lewendige tekeninge deur Louis Hiemstra wat die teks versier, is nommerpas by die toonaard van die vertellings." (Ann Hiemstra).



Ann Hiemstra, Louw en Dina van Schalkwyk en Louis Hiemstra.


comments (0)




1 - 1 of 1

NUUTSTE PUBLIKASIE - 'n Plan is 'n duineboerdery

Gesprekke oor Ingrid Jonker

Gesprekke oor Ingrid Jonker

Amanda Strydom oor Briewe van Hennie Aucamp

Kommentaar oor Briewe van Hennie Aucamp



ONLANGSE POS




ARGIEF


october 2013

july 2013

may 2013

april 2013

march 2013

december 2012



TOPICS


ALGEMEEN (8)



admin*