posted by Petrovna on November 25, 2012 15:42 as ALGEMEEN
Oop Kaarte: Sprokies oor mans en vroue2011-11-25 11:49- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Cas van Rensburg gesels in die sitkamer van sy huis op Onrus oor sy boek Die Prinses in Elke Vrou.
Cas van Rensburg vertel hoe hy aan die hand van sprokies en mites die stand van vroue en mans se lewe in die moderne samelewing bekyk. In sy geestesoog sien Cas van Rensburg hoe die klein prins William ’n sneesdoekie onder ’n deur instoot na sy huilende ma, die prinses van Wallis. Cas sit op ’n bank in sy huis op Onrus. Op sy skoot is sy worshond, Emma. Hy praat oor sy jongste boek, Die Prinses in Elke Vrou. Dit volg op Die Sprokie van Diana Prinses van Wallis, Sneeuwitjie en al die Stories wat Ons Leef.
In die Diana-boek, wat in 1998 – die jaar ná die prinses se dood – ... >> full
comments (1)
posted by Petrovna on January 20, 2012 18:36 as ALGEMEEN
Bydrae van 'n leser: Ek gee te min komplimente en aanbevelings. Hierdie boek, Dryfhout en Opdrifsels, van Mêrie Scheepers is egter te goed om oor stil te bly. As ek nie hierdie keer my mond oopmaak en vir mense sê: LEES HIERDIE BOEK nie, sal ek myself bitter swaar vergewe. Dit het my geboei tot die punt waar ek nie saans kon wag om bed toe te gaan nie (dit is immers waar ek lees!), en ek het aanhou lees tot ek by die punt gekom het elke aand waar ek besef: ek kan nou nie eers die laaste sin onthou nie! Los maar tot môre... Die meeste boeke deesdae kom mens eers na 'n paragraaf of 3 agter jy is nie meer heel "daar" nie... Onderwysers: LEES hierdie boek! Ons het almal ten minste EEN onderwyser wat 'n verskriklike goeie impak op ons lewens gemaak het. Besef weer - julle KAN 'n ... >> full
comments (1)
posted by Petrovna on January 03, 2012 17:29 as ALGEMEEN
J.C. Kannemeyer Prof. John Kannemeyer, wat skielik op Kersdag oorlede is, was ‘n jarelange vriend en ondersteuner van Hemel & See Boeke. Die eerste van sy boeke wat by ons verskyn het, was Briewe van Peter Blum, geredigeer en ingelei deur Kannemeyer. Ses van sy nagraadse studente in Edisiewetenskap was verantwoordelik vir die versorging van die briewe en die skryf van uitgebreide voetnote. Prof. Ampie Coetzee het hierdie versameling briewe beskryf as "deeglike werk deur J.C. Kannemeyer en sy span oor ʼn voorganger van Breyten Breytenbach”. Die meer as 100 Blum-briewe wemel van briljante woordspel, passievolle betoë oor die letterkunde en stoute verwysings. Die volgende boek van Kannemeyer se lessenaar was Briewe van Uys Krige. Die briewe is geredigeer en ingelei deur Peet van Aardt, ‘n nagraadse student wat sy meestersgraad onder leiding van Kannemeyer voltooi het. In die flapteks skryf Kannemeyer: "In ‘n brief waak ‘n skrywer nie altyd oor sy ... >> full
comments (0)
posted by Petrovna on December 14, 2011 12:06 as ALGEMEEN
DIE PRINSES IN ELKE VROU deur Cas van Rensburg - Resensie van Joan Hambidge op Fine Music Radio, Kaapstad Lees hierdie boek. Ek wou my ene weggee, omdat ek soveel boeke besit; maar het daarteen besluit. Dit is te belangrik vir my. Ek wil weer lees, nadink . . . Cas van Rensburg, die bekende joernalis en dramaturg, is ‘n kenner van Jungiaanse sielkunde. Die Prinses in elke vrou is ‘n verwerking van sy werk, Die sprokie van Diana, Sneeuwitjie en die stories wat ons leef. ‘n Ander bekende werk is Jou drome – die onbewuste het ál die antwoorde. Die gebruik van die verhaal of legende om ‘n bepaalde psigoanalitiese gegewe te verduidelik of belig, is bekend aan die werk van die beroemdste psigoanaliste. Freud het die verhaal van Oedipus Rex, oftewel koning Oedipus gebruik om identiteit te verduidelik. Woody Allen gebruik eweneens die gegewe van Sofokles in sy film Matchpoint om iets ... >> full
comments (0)
|
|
|